STILTETYD EN GEBED
“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My”. [ Openbaring 3:20 Afr. 53]
VASTE SPYSE: ROMEINE 11:33-36 AFR83
O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is Sy oordele, hoe onnaspeurlik Sy weë! “Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? Wie bewys Hom 'n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.
Bepeins en dink in dankbaarheid na wat God, in Jesus Christus, vir ons elke dag doen! Sonder God in ons lewe is ons verlore.
Ons moet ons tot God wend in die gebed.
BIDKULTUUR
1 Tes 5: 17 (Afr. 83): Bid gedurig
Eerste Biduur: Vrydag 3 Sept. 2021
Ons is besig met die vestiging van ‘n bidkultuur in ons gemeente – ons poog om ‘n biddende maar gestuurde gemeen¬te te wees. Ons gaan, DV, vanaf Vrydag 3 September 2021 om 12:00 elke Vrydag bymekaar te kom by Elim. Laat weet of u gaan bywoon.
‘N TYD VAN UITERSTES
Elke grou, koue winter dink ek aan onluste en geweld, ons sal Julie 2021 nog lank onthou as ’n tyd van groot uiterstes. Beelde van doodslag, verwoesting, wanorde, anargie, vrees, verslaentheid, wanhoop, pyn en lyding, desperaatheid, geweldige armoede en hongersnood doem voor ons op. Terselfdertyd is daar ook groot armoede en werkloosheid onder ons eie mense. Ook die derde Covid-vlaag wat soveel bekendes en vriende se dood veroorsaak het. Die verskriklike, gewelddadige, kataklismiese, wanordelike gebeure in KwaZulu-Natal en Gauteng doen voor ons op. Erger as 1960, 1976 of 1994! Die geweld en onrus het ook sy gevolge meegebring. Terselfdertyd moet ons nie met die geregtelike ondersoek na die Life Esidimeni-gebeure, waartydens 94 psigiatriese pasiënte gesterf het, vergeet nie. Saam met die ondersoek word ou wonde opnuut oopgekrap en elkeen van ons is pynlik bewus van die hartseer, ongeregtigheid en onregverdigheid, wat skaars vyf jaar gelede in ons midde plaasgevind het nie. Ons is almal geraak deur hierdie gebeure in die middel van ons Suid-Afrikaanse winter. (Hierdie stukkie wysheid is gegrond op ‘n artikel deur Liezel Lüneburg in E-Kerk gedateer 10 Aug. 2021 en eie kennis.)
TOG IS DAAR HOOP
Ps. 6: 10. Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan.
BID VERSOEKE EN BIDDENDE INGESTELDHEID
Hierdie week gaan ons ‘n bietjie anders bid:
• Ons gaan die Heilige Gees vra om ons. dwarsoor die gemeente, te lei in gebed.
• Ons vra om getrou in gebed te wees.
• Ons vra vir ‘n vaste geloof.
• Ons bid dat gebed, in ons lewens, ‘n lewenswyses sal word.
Regering: Nasionaal Provinsiaal en Plaaslik
Ons bid dat die wat aangestel is, met wysheid sal regeer en dat hulle in hul bestuur van sake, ook plek sal maak vir gebed.
Gemeente
• Ons bid vir ons predikante, ons kerkraad, ons amptenare en elke gemeentelid;
• Ons bid dat die gemeente die veel-dimensionele uitdagings wat die gemeenste in die gesig staar, deur gebed te bowe kan kom;
• Ons sendelinge;
• Ons bid vir die besture en personeel van al ons ouete¬huise;
•Ons bid vir ons lidmate en vir die uitbreiding van Sy Koninkryk in NGKQ;
Gebedsversoeke vanuit Gemeente
Gebedsversoeke vanuit Huis Herfs¬blaar
Meelewing
Terugvoering en dankbaarheid
Ons wil graag van u terugvoer kry en daardeur God loof vir Sy Genade!
Vir die biduur by Elim en enige terugvoering kontak: Hennie Heymans by heymanshb@gmail.com indien u belangstel om deel te word van ons bidkultuur in NGKQ. Hy is ook beskik¬baar op WhatsApp 072-336-1755
“Deur gebed maak ons mekaar se laste ligter.”