Roepingsverklaring


God het ons na ‘n verhouding met Hom geroep en nou stuur Hy ons uit as Sy verteenwoordigers.


NG Kerk Queenswood word deur God gestuur om ‘n verskil te maak in die wêreld: spesifiek in die woonbuurte Queenswood, Kilner Park en Colbyn.  


Ons glo dat die Heilige Gees ons daarmee help.


Ons aanvaar die groot aantal tehuise, skole en woonstelblokke in die omgewing as uitdagings waartoe God ons roep. 


As deelnemers aan die gereformeerde tradisie is ons geroepe om lidmate in die Woord van God te vestig en dissipels te maak: mense wat toegerus en gemotiveerd is om uit te gaan.                

Langtermyn doelwitte


1. Vestiging van ‘n gebedskultuur in die gemeente wat gedurig beoefen word onder leiding van die Heilige Gees en deur te wandel in die Woord. 

 2. Besluitneming, organisasie en beplanning in die gemeente vind geloofsonderskeidend   plaas, onder leiding van die Heilige Gees en op basis van ‘n bestuursplan. 
3.  Uitlewing van die liefdesgebod teenoor mede-lidmate en mense in die gemeenskap. Die vrug van die Gees is ons ideaal.    
4.  Beweeg weg van ‘n kultuur van instandhouding, na ‘n gemeente-kultuur van gestuurdheid. 
5.  Koester en bevorder gasvryheid, veral teenoor vreemdelinge. 
6 . Vestig ‘n kultuur van liefdesdiens, waardeur God se liefde sigbaar word. 
7.  “Sola Scriptura” is ons doel en strewe! Die Skrif alleen is die norm vir ons denke,  gesindheid, woorde en dade. 
 8. Om vreugdevolle leerlinge en lewenslange volgelinge van Jesus Christus te wees. 
9. Ontwikkeling van kleingroepe en Bybelskool op so ‘n wyse dat deelnemers diep  gewortel   word in ‘n Bybelse manier van dink en doen.

Ons droom...


Ons glo God is die Bron van 'n lewegewende en genesende stroom water in ons gemeenskap.


Hy maak die onmoontlike moontlik en gee oorvloed, selfs op onwaarskynlike plekke.


Ons verwonder ons daaroor en droom daaroor om te werk waar God reeds werk

So lyk die geskiedenis... Kliek om meer te leer oor...
Geskiedenis 1963-1973
25 Jaar van genade
30 Jaar van genade
50 Jaar van genade
60 Jaar van genade